MAALVLEISHAPPIES
Resep geplaas deur Sheila Marsburg Troskie
Foto: Sheila Marsburg Troskie
Ek het die resep by my skoonsus Sonja Robinson gekry. Dit was ‘n absolute wenner.
- 500 g gaar gegeurde maalvleis
- 250 ml melk
- 3 eiers, geklits
- 120 ml olie
- 250 ml koekmeel
- 1½ teelepel bakpoeier
- 2 ml sout
- 2 ml Aromat
- Meng alles saam buiten die maalvleis.
- Spuit klein kolwyntjie pannetjie met Spray and Cook.
- Skep 1 teelepel deeg in elke gaatjie in die gesmeerde pan, skep dan 1 teelepel gaar maalvleis bo-op die deeg, dan weer 1 teelepel deeg bo-oor die maalvleis.
- Bak op 180ºC vir 30 min of tot ligbruin.
Category:












