LUGBRAAIER COKE HOENDER
Ek het vanaand die “coke” hoender resep probeer: low carb:/keto maak… maar soos Rina Kleinhans gesê het, maak dit definitief nie die taai sousie van tradisionele “Coke” hoender nie omdat daar geen suiker of stroop in is nie, en karamelisasie nie kan plaasvind nie. Die hoender het maar effens hartseer en bleek in die pot gelyk… toe besluit ek dat die air fryer die situasie gaan red! En dit het absoluut heerlik uitgekom. So as jy jou suiker inname dophou, of ‘n diabeet/keto/low carb is, is die Coke hoender resep vir jou!
- 700 g hoenderporsies
- 1 teelepel knoffelpoeier
- 1 teelepel “onion powder”
- 2 teelepels tamari/soja sous
- “Coke zero/Tab”, genoeg om die hoenderporsies te bedek
- sout en peper na smaak
Plaas al die bestanddele in ‘n swaarboom pot.
Kook oop oor ‘n hoë hitte vir 30-40 minute.
Dreineer die sous af en plaas hoenderporsies in die lugbraaier of die oond vir 15 – 20 minute by 200°C.
Haal uit en bedien met bykosse van jou keuse. Ek het hierdie bedien met my cauli rysslaai. https://yourrecipeblog.com/recipes/blomkool-rysslaai/
Resep en foto: Ilze Jacobs