LEKKER SAGTE, SOUSERIGE VARK TJOPS
- 4 groot vark tjops
- 1 knoffelhuisie, fyn gekap
- 1 groot ui, grof gekap
- 250 ml kookwater
- ½ koppie mayonnaise
- ¼ koppie tamatiesous
- ¼ koppie soetrissiesous (sweet chillie sous)
- ½ pakkie bruin uiesoppoeier
- sout en peper na smaak
- speserye na smaak
Braai die uie in bietjie olyfolie tot net begin verkleur, voeg die knoffel by en braai goed deur.
Sit die res van die bestanddele by die uie, buiten die vark tjops, en kook net goed deur.
Sit sout, peper en speserye oor die vark tjops, en sny die vel op ‘n paar plekke deur.
Sit die vark in ‘n kasserol, skep die sous oor die vark, help die sous lekker onder die tjops ook in, en plaas die deksel op.
Bak op 190°C vir ongeveer 45 min.
Haal die deksel af, draai die oond op 200ºC en laat die vark tjops bak tot die sous lekker verdik het en die tjops sag is. Nie nodig om die tjops om te draai nie, ek het net elke nou en dan die pan so bietjie skuins gedraai al die kante toe dat die sous wat onder die tjops is, ook boontoe kom om te verdik.
Hou net dop dat niks brand nie, draai die oond laer indien nodig, tot die sous die regte dikte is na smaak.
Bedien saam met kapokaartappels of rys en groente van u keuse.
Resep en foto: Rina Kleinhans












