Your Recipe Blog

LEKKER RISSIESOUS

Recipe by
2 weke

LEKKER RISSIESOUS

Ek het die resep op die groep gekry en net so effe aangepas. Dit is voorwaar die lekkerste rissiesous wat mens tuis kan maak.

  • 150 g vars rissies
  • 2 liter witasyn
  • 150 g sout
  • 550 g suiker
  • 150 g vars gekapte rissies en knoffel (ek het ‘n voorafbereide pakkie gekoop)

Sny die rissies in klein stukkies, meng alles saam en laat staan vir 2 weke.
Verpulp dan in ‘n versapper en bottel.

Nota:
Hierdie is ‘n smaaklike sous wat nie baie brand nie.
Swart rissies maak ‘n pienk rissiesous.

Resep aangepas en foto: Stefaans Blaauw

Oorspronklike resep: Jan Salti Viljoen
https://yourrecipeblog.com/recipes/tuisgemaakte-rocket-fuel-rissiesous/

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page