TUISGEMAAKTE “ROCKET FUEL” RISSIESOUS
- 250 g rissies/chillies
- 2 of 3 jalepeno’s
- 2 eetlepels heel koljander en rooi/swart peper korrels
- 2 liter wit asyn (kwaliteit asyn)
- 2 koppies suiker
- 150 g sout (hoeveelheid is reg so – ek hou van pienk sout/Himalayan)
- 100 g geskilde knoffelhuisies, gekneus
- 1 koppie brandewyn
Verpulp al die bestanddele. (Ek los die pitte in)
Skep al die bestanddele in ‘n glashouer.
Laat trek 2 weke of – omdat ek nie wil wag nie – skep in ‘n pot en verhit geleidelik tot kookpunt en laat prut totdat dit effe verdik.
Resep en foto: Jan Salti Viljoen
Category: