LAE KOOLIDRAAT FRIKKADELLE
“Soms dink mense daar moet ‘n brood of broodkrummels in daai frikkadelle in, maar as jy my leefstyl volg moet jy vind wat werk; moet groenlys bestanddele wees (menende bevat min of geen carbs). Ek volg al jare ‘n low-carb leefstyl soms doen ek net Carnivore, maar winter is hier die Kaap is koud en ek soek ietsie warms. Dis hemels, vat my woord. Kyk hoe trek daai kasie in die vleis in!!!! Dis die lekkerste frikkadelle op my leefstyl ek het al vele probeer.
So as jy low-carb doen probeer gerus, and thank-me-later. Low-carb leefstyl vir my.”
- ± 500 g gewone maalvleis (vir hoë vet)
- ± 500 g laevet maalvleis
- 1 eetlepel gerasperde ui (want ek tel koolhidrate)
- 1 eier
- sout en peper, na smaak
- enige carb-smart spyserye, na smaak
- blokkies mozzarellakaas, om frrikkadelle mee te stop
- gekookte pampoen, as bygereg
Meng vleis, geurmiddels, uie en eier saam.
Vorm frikkadelle, elkeen met ‘n blokkie kaas in die middel.
Bak teen 180 °C tot goudbruin.
Bedien saam met opgekookte pampoen.
Resepe en foto: Marisza Olivier












