Your Recipe Blog

KLAMSTE SJOKOLADE KOFFIEKOEK OOIT

Cook: 35 minute

KLAMSTE SJOKOLADE KOFFIEKOEK OOIT

  • Koek:
  • 1 ¾ koppies koekmeel
  • 2 koppies witsuiker
  • ¾ koppie kakaopoeier
  • 1 ½ teelepel koeksoda
  • ¾ teelepel sout
  • 2 groot eiers
  • 1 koppie karringmelk (as plaasvervanger, meng 1 eetlepel witasyn in ‘n koppie met melk, laat staan 5 minute tot verdik)
  • ½ koppie botter, gesmelt
  • 1 eetlepel vanilla geursel
  • 1 koppie vars gebroude warm koffie (of 2 teelepels kitskoffie in 1 koppie kookwater)
  • Versiersel:
  • 80 ml kakao
  • 125 – 180 ml yskoue ingedampte melk of room
  • 250 ml gesifte versiersuiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 3 ml kitskoffiepoeier, opgelos in 15 ml kookwater en afgekoel

Verhit die oond tot 180ºC en smeer of sprinkel meel of spuit kleefwerende kossproei in twee 9-duim (23 cm) bakpanne (of voer die panne met bakpapier sirkels).
In ‘n groot bak, meng die meel, suiker, kakao, koeksoda en sout.
Voeg die eiers, karringmelk, botter en vanilla by en klits tot glad (ongeveer 3 minute), gebruik ‘n klitser vir beter resultate.
Roer die warm koffie by die mengsel met ‘n rubber spatel, die beslag sal baie loperig lees.
Deel die beslag eweredig tussen die twee panne en bak in die voorverhitte oond op die middelste oondrak vir sowat 35 minute of totdat ‘n tandestokkie skoon uitkom wannner getoets, met net ‘n paar koekkrummels wat vassit.
Laat die koeke in die panne staan vir 15 minute om af te koel.
Plaas ‘n draadrakkie bo-oor elke pan en keer die koeke uit. Laat die koeke heeltemal afkoel voordat jy dit versier.
Klits al die bestanddele vir die versiersel goed saam. Laat staan vir ‘n paar minute en skep oor die koek.

Nota:
Om hierdie resep te gebruik vir kolwyntjies, (12) verhit die oond tot 200ºC i.p.v 180 ºC.
Verdeel die beslag eweredig in die kolwyntjie holtes en bak vir 20 – 25 minute.

Nota en fotos:
Petré van Jaarsveld – Ek het die “Versiersel op die stoof” (skakel onderaan) resep gebruik vir my weergawe en die resep bietjie gewysig. Ek het die versiersel dubbel aangemaak, 2 teelepels koffie met ‘n bietjie water aangemaak en saam met die meelmengsel gekook en ook 1 blikkie All Gold karamel “Topping” en 2 teelepels droë koffiepoeier bygevoeg wanneer afgekoel en goed geklits. Heerlik!

Resep: Tessa

Skakel na die versierselresep:
https://yourrecipeblog.com/recipes/heerlike-versiersel-op-die-stoof/

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page