INGELEGDE SPINASIE STINGELS
Ek het Swiss Chart stingels ingelê. My kinders het dit behoorlik geniet.
- 500 g swiss chart of spinasie stingels, opgesny
- 2 uie, opgesny
- ½ koppie witasyn
- ½ koppie water
- ½ koppie witsuiker
- 1 eetlepel kerriepoeier (ek het medium gebruik)
- 1 teelepel sout
- 3 eetlepels maizena
Kook stingels en uie tot sag, maar nie pap nie.
Dreineer die water en voeg die asyn, suiker, water en sout by.
Verdik met maizena wat in ‘n bietjie water opgelos is.
Kook goed deur en bottel warm in gesteriliseerde bottels.
Resep en foto: Renate Visser












