Your Recipe Blog

IDEES VIR SKILPADJIES

IDEES VIR SKILPADJIES

Elize de Kock:
Maak so. Jy maal sommer al die bestanddele vir die lewerkoekies deur ‘n 5 mm sif. Die resep is vir koekies, maar jy kan dit ook in netvet toedraai vir skilpaadjies.
Resep vir lewerkoekies: https://yourrecipeblog.com/recipes/elize-se-liplekker-lewerkoekies/

Gideon Louw:
My persoonlike ondervinding is, wanneer jy dit in klein stukkies kerf, is dit nie so loperig nie en kan jy dit makliker in die netvet toedraai.

Annarie Van Der Vyver:
My skoonma sny die lewer sommer in skywe. Ek vind dat ek dit verkies.

Anna Venter:
Maal die lewer en soveel uie na smaak saam. Voeg speserye ook na smaak by (ek gebruik net “bbq” speserye en bietjie Aromat). Sny blokke netvet en plaas die blokke in ‘n kolwyntjiepan. Skep lepelsvol lewermengsel in die netvet en vou die netvet deeglik toe oor die lewermengsel. Vries die skilpadjies tot heeltemal hard. Om gaar te maak, pak die skilpadjies steeds half gevries op ‘n rooster (anders is die lewer geneig om uit die vet te drup). Wanneer jy dit effens gevries begin gaarmaak, word die buitekant gaar, voordat die lewer kans kry om uit die netvet te drup.

Foto: Martie Fourie Moolman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page