ELIZE SE LIPLEKKER LEWERKOEKIES
- 500 g bees/lams lewer, skoon gemaak
- 1 medium ui, geskil
- 2.5 ml bakpoeier
- 4 snye brood
- 5 ml Worcestershiresous
- 10 ml wit wyn asyn
- 1 eier
- 30 ml vars pietersielie
- 2.5 ml fyn koljander
- 1 ml fyn naeltjies
- 1 ml neutmuskaat (nutmeg)
- 2.5 ml braaivleisspeserye
- 5 ml sout
- 125 g skouer spek
- swartpeper na smaak
- sonneblomolie vir braai
Maal lewer, ui, pietersielie en brood saam met die spek in ‘n vleismeul met ‘n growwe sif (5 mm sif).
Klits die eier, Worcestershire sous, asyn, bakpoeier, sout en speserye saam.
Meng die 2 mengsels saam en sit in die yskas vir tenminste ‘n half uur.
Verhit die olie in ‘n pan tesame met eierringvormpies. Skep mengsel in vormpies (maak ringetjies mooi vol om ‘n ‘pattie’ te maak) en braai vir 3 minute aan ‘n kant.
Wanneer gaar, sit die patties op kombuispapier om te dreineer. GENIET!
Nota: Maak in die oond
Moeg vir olie braai, spat die kombuis vol en ek brand gewoonlik. Het die in silicone muffin panne gebak, 180 ºC vir 15 min. Laat rus so paar minute en geniet met krummel pap, en soet suur sous. O ja en natuurlik baie tamatiesous.
Resep en foto: Elize de Kock