HOENDERMAGIE PASTEITJIES
Ek het hierdie lekker pastytjies gemaak met die oorskiet hoendermagiepot. Baaaaie lekker gewees.
- oorskiet hoendermagiepotjie (sien resep onderaan)
- 1 rol skilferkorsdeeg
- geklitsde eier vir verf
Rol die skilferkorsdeeg uit en deel dit op in reghoeke, hoeveelheid reghoeke is afhangende van hoeveel vulsel jy het.
Plaas op een helfde van elke degie ‘n bietjie van die potjiekos vulsel.
Smeer die rante van die deeg met geklitste eier, vou die ander helfde van die deeg toe oor die vulsel en druk die randte vas met ‘n vurk.
Steek ‘n klein gaatjie in die deeg se bokant en plaas die pasteie in ‘n plat oondpan wat uitgevoer is met foelie en gespuit is met kleefwerende kossproei.
Bak in ‘n voorverhitte oond vir 30 minute by 180ºC.
Hmmmmmmm!!!! Daai lekker growwigheid van die magie en die sousie was tog te djeeeeeeerlik.
Nota:
https://yourrecipeblog.com/recipes/gideon-se-romerige-hoendermagiepot/
Resep en foto: Gideon Louw