GIDEON SE ROMERIGE HOENDERMAGIEPOT
Ons het gistraant weer hierdie lekker romerige hoendermagiepot oppie kole gemaak.
- 2 x 500 g pakkies skoongemaakte hoendermagies (geweek in asynwater vir 2 ure)
- 2 groterige uie, geskil en gekerf
- ½ rooi soetrissie, ontpit en gekerf
- ½ groen soetrissi,e ontpit en gekerf
- 1 pakkie sampioene, gekerf
- 500 ml room
- 1 teelepel brandrissievlokkies
- 1 teelepel knoffelvlokkies
- 1 teelepel “Italian herbs”
- 1 pakkie sampioen soppoeier
- sout en peper na smaak
Ek gebruik ‘n no. 3 swartpot en voeg die uie en magies daarin en bedek dit met water. Kook vir omtrent 2 ure en voeg die sampioene, rissies en speserye by.
Kook vir nog ‘n halfuur. Meng die soppoeier met ‘n bietjie van die room (daar moenie klonte wees nie). Voeg die sopmengsel en die res van die room by die magies in die pot.
Prut vir nog ‘n halfuur.
Bedien op ‘n bed van kapokaartappels, saam met ‘n bietjie soetpampoen.
Dit is baaaaaaie lekker en die magies is soepersag.
Resep en foto: Gideon Louw
2de foto: Gideon Louw – Ek het gistraant weer die lekker hoendermagie potjie gemaak.
Ekt in die keer se maak die room uigelos en ‘n koppie asyn en 4 eetlepels suiker bygevoeg
want ek het nie room gehad nie.
Dit was baie lekker en sag op ‘n bed van smash aartappel.