HETTIE SE SUURLEMOEN KAASKOEK
Ek het die Suurlemoen Kaaskoek na gedagte gemaak en was heerlik. Ek het ‘n bottel Lemoncurd gehad wat ek wou van ontslae raak en die resultaat was boverwagting goed. Baie maklik ook
- Kors:
- 1 pakkie tennisbeskuitjies
- 80 g botter, gesmelt
Spuit ‘n 20 cm losboompan en voer die boom met waspapier.
Maak die beskuitjies fyn en meng met die botter.
Druk stewig vas op die boom van die pan vir ‘n kors.
Plaas eenkant.
- Vulsel:
- 250 g roomkaas
- 1 groot bottel Lemoncurd (500 g)
- 2 eiers, geskei
- 1 eetlepel gerasperde suurlemoen skil
Voorverhit oond tot 180ºC.
Kilts roomkaas, lemoncurd, eiergele en skil saam tot romerig en glad.
Skep in kors.
Bak vir 20 minute.
- Bolaag:
- 2 eierwitte
- 125 ml strooisuiker
- ½ teelepel kremetat
- 1 teelepel Maizena
Klits die eierwitte tot styf.
Klits die strooisuiker geleidelik by.
Gooi die kremetat en Maizena by en klits tot styf en blink.
Die merinque moet sy vorm behou as jy die klitser uithaal.
Skep bo-oor die vulsel en maak seker die hele vulsel is bedek.
Bak verder tot merinque begin verkleur.
So 15 – 20 minute. Pasop vir te donker.
Foto en Resep: Hettie Bezuidenhout
Skakel na Lemoncurd resep:
https://yourrecipeblog.com/recipes/suurlemoensmeer-om-te-bottel/