SUURLEMOENSMEER OM TE BOTTEL
Mens kan hierdie smeer bottel en bere in die spens en gebruik vir so baie goed soos bv. :
Vul tertdoppies daarmee.
Versier ‘n gewone vanilla koek daarmee saam met heerlike styfgeklopte room.
Heerlik bo-op ‘n pavlova voordat jy die vars vugte daarop rankskik.
Ook heerlik op tuisgebakte skons, saam met room.
- 7 ml botter
- 3 eiers
- 280 ml suiker
- gerasperde skil en sap van 2 suurlemoene
Smelt die botter in ‘n metaalbak oor ‘n kastrol waarin water stadig prut.
Klits die eiers een vir een en voeg by. Voeg die suiker by en klits totdat dit opgelos is.
Hou aan met klits terwyl jy die surlemoensap en –skil byvoeg.
Roer aanhoudend vir sowat 20 min terwyl die bak oor die pruttende water gehou word.
Die suurlemoensmeer sal dik word. Laat afkoel tot kamertemperatur sodra dit gereeld is.
OM DIE SMEER TE BOTTEL:
Verdubbel die resep, vul warm voorbereide bottels met die warm smeer, en seël die bottels dadelik.
Foto: Wilna Dorfling