Your Recipe Blog

HEINER SE SOET-SUUR LEWER

HEINER SE SOET-SUUR LEWER

  • 500 g beeslewer, in blokkies gesny
  • 2 medium uie, in ringe gesny of grof gekap
  • 125 g spek stukkies (bacon bits)
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 3 eetlepels botter
  • 250 ml suurroom
  • 3 eetlepels suurlemoensap
  • ½ teelepel sout
  • 1 – 2 teelepels paprika
  • 1 – 2 teelepels suiker
  • ½ teelepel suurlemoenpeper (lemon-pepper)
  • 1 eetlepel Aromat

Verhit die botter in ‘n swaarboompan.
Braai die uie en spek tot deurskynend en gaar. Voeg die knoffel by en roerbraai vir n rukkie.
Roerbraai die lewer saam in en braai tot lig bruin (lewer moet nog effe pienk wees).
Voeg die res van die bestanddele by en kook goed deur.
Ek bedien die altyd saam met ‘n lekker krummelpap, maar dit kan ook saam met kapokaartappels bedien word.

Resep en foto: Heiner Lange

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page