Your Recipe Blog

HEERLIKE OOND FRIKKADELLE

Recipe by
Cook: 30 min

HEERLIKE OOND FRIKKADELLE

Heerlike oond-frikkadelle, wat nooit droog is nie.

  • 1 kg maalvleis 80:20 vleis:vet
  • 1 groot ui, baie fyn gekap of gerasper of verpulp met ‘n staafmenger
  • 2 eetlepels asyn
  • 2 eiers
  • ½ koppie hawermout – quick cook
  • 1 teelepel hoogvol Robertsons hoender spesery
  • 1 teelepel hoogvol Robertsons groente speserye
  • mespunt fyn kruie naeltjies – na smaak
  • ½ koppie water

Meng die uie en asyn en laat staan vir 10 minute.
Meng dit  daarna met die res van die bestanddele.
Moet nie te veel hanteer nie.
Maak effe groter as golfbal grootte frikkadelle en plaas styf teen mekaar in ‘n gesmeerde oondbak.
Voeg ½ koppie water by die frikkadelle.
Bak teen 180°C vir 30 minute tot gaar.
Skakel oond af en laat die frikkadelle die vloeistof in die bak her-absorbeer vir so 10 minute.
Nog lekkerder die volgende dag, die uie en asyn verbeter die smaak.
Heerlik vir padkos omdat dit nie souserig is nie.
Vir aandete kan ‘n tamatie-uie-smoor sous saam bedien word
Variasie: 
Voeg komyn by vir ‘n midde oosterse geur en bedien met ‘n tsatziki doopsous.

Resep en foto: Anne-Marie Wiehahn

 

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page