Your Recipe Blog

HAELPATRONE – GEVULDE SPEK ROLLETJIES

HAELPATRONE – GEVULDE SPEK ROLLETJIES

Iets anders vir vanaand se braai.

  • 2 kaas russians
  • 12 repies spek
  • 3 – 4 groen vye, fyn gesnipper
  • 4 knoffeltoontjies, fyn gesnipper
  • ½ groen soetrissie, fyn gekap
  • 2 Jalapenos, fyn gekap
  • 2 rooirissies, fyn gekap
  • 250 g houer roomkaas, in 2 gedeel

Sny die Russians in 1 cm dikte ringetjies.
Rol die spek om die ringetjies sodat die spek die haelpatroondop vorm en die Russianringetjie die bodem, steek die spek vas met ‘n tandestokkie.
Meng die 1 helfte van die roomkaas met die Jalapeno en rooirissie en die ander helfte roomkaas met die soetrissie.
Skep ‘n bietjie groenvye en knoffel in elke spekdoppie.
Vul die een helfde van die doppies met die Jalapeno-roomkaasmengsel en die ander helfte doppies met die soetrissie-roomkaasmengsel.
So het jy haelpatrone wat “skop” en haelpatrone met minder skop.
Braai die spekrolletjies op die rooster in die weber tot die spek gaar is en die vulsel deurwarm is.

Resep en foto: Jan Salti Viljoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page