Your Recipe Blog

HAELPATRONE – GEVULDE SPEK ROLLETJIES

HAELPATRONE – GEVULDE SPEK ROLLETJIES

Resep en foto: Jan Salti Viljoen
Iets anders vir vanaand se braai.

  • 2 kaas russians
  • 12 repies spek
  • 3 – 4 groen vye, fyn gesnipper
  • 4 knoffeltoontjies, fyn gesnipper
  • ½ groen soetrissie, fyn gekap
  • 2 Jalapenos, fyn gekap
  • 2 rooirissies, fyn gekap
  • 250 g houer roomkaas, in 2 gedeel
  • Sny die Russians in 1 cm dikte ringetjies.
  • Rol die spek om die ringetjies sodat die spek die haelpatroondop vorm en die Russianringetjie die bodem, steek die spek vas met ‘n tandestokkie.
  • Meng die 1 helfte van die roomkaas met die Jalapeno en rooirissie en die ander helfte roomkaas met die soetrissie.
  • Skep ‘n bietjie groenvye en knoffel in elke spekdoppie.
  • Vul die een helfde van die doppies met die Jalapeno-roomkaasmengsel en die ander helfte doppies met die soetrissie-roomkaasmengsel.
  • So het jy haelpatrone wat “skop” en haelpatrone met minder skop.
  • Braai die spekrolletjies op die rooster in die weber tot die spek gaar is en die vulsel deurwarm is.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page