GROOTMAAT MAALVLEIS VIR VETKOEK OF RYS
Dit is genoeg vir 50 bakkies kerrie en rys (500 ml elk) ongeveer 100 medium Vetkoeke en 125 Jaffels.
- 5 kg maalvleis
- 2 kg gekapte ui
- 2 kg wortelsblokkies
- 2 kg aartappelblokkies
- 4 eetlepels (60 ml BBQ spesery)
- 4 beesvleisaftreksel blokkies met 1 liter kookwater gemaak
- 1 pakkie tamatie soppoeier
- 1 pakkie beesstert soppoeier
- 1 koppie fyn appelkooskonfyt
- 100 ml sonneblom olie
Maak beide soppoeier aan met so 150 ml kouewater, voeg by die vleismengsel asook die konfyt. Kook goed deur die vleis moet nie te loperig wees nie, so moet nie teveel water byvoeg nie. Proe of jy genoeg sout in het en voeg by as dit nodig. Onthou die sop sowel as die vleisaftreksel het reeds sout in, jy kan ook peper byvoeg indien nodig.
- 50 ml sterk kerriepoeier
- 50 ml borrie
- 20 ml fyn gemmer
- 20 ml fyn komyn
- 20 ml fyn koljander
- 20 ml masala speserye












