GRIEKSE KLAPPERTERT
- Room goed saam en hou eenkant:
- 125 g botter
- 250 ml suiker
- 3 eiers
- Sif die volgende saam:
- 250 ml koekmeel
- 3 teelepels bakpoeier
- knippie sout
- Voeg by die meelmengsel:
- 500 ml klapper
Meng die nat en droë mengsels saam. - Meng by:
- 250 ml lou melk
Skep beslag in 2 gesmeerde tertpanne en bak vir 35 min by 180°C.
- Stroop:
- 300 ml suiker
- 300 ml water
- 1 teelepel vanilla geursel
Kook 5 min saam, gooi oor warm tert wanneer die tert uit die oond uit kom.
Bedien met room en groenvye.
Nota:
Die tert is vinnig en regtig spesiaal, dit kan ook vir poeding met rumvla bedien word.
GENIET!
Resep: Floraine Wasserman Venter
Foto: Laurette Hitchcock – dit is liplek lekker ek het dit saam met room bedien.
2de Foto en veranderinge: Elaine Steyn Steyn
Ek het jul Griekse klappertert gemaak, maar het 5 ml fyn lemoenskil by deeg gevoeg.
- Vir stroop het ek gebruik:
- 250 ml suiker
- 180 ml water
- 60 ml vars lemoensap
Mense, lemoen en klapper… absoluut onweerstaanbaar!!
Susan Pozýn van Rooyen
Ek het die “koek” vandag gebak. Ek het sommer al die water met vars lemoensap vervang en net die helfte suiker gebruik vir die stroop, en dit smaak baie lekker.