GIDEON SE LEKKER WORTELSLAAI
Lekker wortelslaai met pynappel deur vroulief gemaak.
- 7 – 8 groot wortels, geskil en gerasper
- 2 lemoene se sap
- 2 suurlemoene se gerasperde skil
- ½ koppie bruinsuiker
- ½ teelepel rissie vlokkies
- ½ teelepel sout
- ½ blikkie fyn pynappel
Meng alle bestandele behalwe pynappel saam. Strooi die pynppel bo-oor en plaas in die yskas.
Meng pynappel met sous en al in net voor opskep.
Resep en foto: Gideon Louw
Category: