Your Recipe Blog

GIDEON SE FYN PERSKEKONFYT

GIDEON SE FYN PERSKEKONFYT

Ek’t gistraant die heerlike fyn perske konfyt gemaak. Dink net hoe lekker gaan dit afsak saam met die korsie van ‘n varsgebakte brood en lekker dik gesmeerde botter. Jou tanne moet sulke poorte maak innie botter as jy dit byt.

  • 3 kg perskes, nie geskil nie (na pitte uit is)
  • 2.5 kg suiker
  • 2 eetlepels suurlemoensap

Onthou een ding: as jy ‘n goeie produk wil maak, gebruik gesonde en goeie gehalte vrugte.
Ek het die geelperskes skoon gewas, middeldeur gesny en ontpit. Toe in kleiner stukkies gesny en met ‘n growwe siffie op my elektriese meultjie gemaal.

Dit word dan in ‘n groot kastrol geplaas saam met die suiker. Verhit tot die suiker opgelos is, terwyl dit tussentye geroer word. Laat op medium hitte kook vir omtrent 1 uur 15 min en doen die stroop toets. Voeg dan die suurlemoensap by en roer goed.
Skep in gesterriliseede potjies terwyl dit warm is.

En siedaar!
Hmmmmmmm!

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page