Your Recipe Blog

GIDEON SE ERTJIESOP

Recipe by
Cook: ongeveer 3 ure

GIDEON SE ERTJIESOP

Die koue van gisteraand het my laat kwyl vir ‘n lekker pot sop maar ek en ’n stoof is nie so lekker pelle nie. Ek maak toe maar vir my ‘n vuurtjie om my kwyl te beteuel en sit ‘n potjie op om lekker sop te maak. En was daai potjie-potsop nou nie lekker nie – dit sal toe ‘n ertjiepotsop wees en so was dit ook.

  • 700 g stukkies vark stowevleis
  • 200 g gekapte spek
  • 500 g droë ertjies voorafgeweek in kouewater vir 4 ure
  • 3 uie, geskil en gekerf
  • 2 wortels, gerasper
  • 2 aartappels, gerasper
  • 1 stingel seldery, gekap
  • 3 eetlepels fyngekapte knoffel
  • 5 lourierblare
  • ½ koppie Worcestersous
  • 1 eetlepel sout
  • 1 eetlepel witpeper
  • 1 eetlepel rissievlokkies
  • 1 eetlepel droë Italiaanse kruie
  • 1 eetlepel Aromat
  • 5 eetlepels suiker
  • 3 blokkies hoenderaftreksel
  • 3 liter gekookte water

Braai die varkvleis tot ligbruin.
Voeg die spek by en braai nog ‘n rukkie.
Voeg die uie en die seldery by en braai tot alles mooi bruin is.
Voeg die afgewaterde ertjies en die groentes by.
Voeg gekookte water by en bring die potjie tot kookpunt.
Voeg dan die speserye en die res van die bestanddele by.
Roer alles goed deur.
Laat prut die sop met die deksel op vir ongeveer 3 ure en geniet intussen ‘n fyn enetjie.
Proe jou sop en voeg ietsie by as jy kan agterkom daar skort iets maar dit behoort nie nodig te wees nie.
Ons het’n heerlike varsgebakte lemoen potbrood saam met die sop geëet.
https://yourrecipeblog.com/recipes/lemoen-potbrood/

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page