Your Recipe Blog

LEMOEN POTBROOD

Recipe by
2 ure
Cook: 40 minute

LEMOEN POTBROOD

Gisteraand se lemoen potbrood saam met ‘n potjie sop op die kole.

  • 4 koppies koekmeel
  • 2 eiers
  • 2 pakkies kitsgis
  • ½ koppie suiker
  • ½ teelepel sout
  • 1 koppie vars uitgedrukte lemoensap
  • 1 eetlepel gesmelte botter

Sif die droë bestanddele saam.
Meng die res van die bestanddele in ‘n mengbak en voeg die meel by.
Meng al die bestanddele goed saam tot ‘n deeg.
Maak goed toe met ‘n doek en laat staan op ‘n warm plek vir ‘n uur.
Die deeg is taaierig as gevolg van die lemoensap.
Smeer of spuit ‘n platboompot asook ‘n klein blikkie om in die middel van die pot te plaas.
Smeer ‘n bietjie olie of meel aan jou hande om te verhoed dat die deeg aan jou hande vassit.
Maak ronde balle met die deeg en plaas dit in die pot rondom die blikkie.
Bak die brood op die kole vir 30 tot 40 min op ongeveer 180ºC met kole onder die pot asook paar kole bo-op die deksel.
Laat gly die brood uit die pot op ‘n plank of doek en geniet hierdie djeeeeerlike lekkerte.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page