Your Recipe Blog

GIDEON SE BLOMKOOL BONSAI BOOMPIES

GIDEON SE BLOMKOOL BONSAI BOOMPIES

Ek het vir ‘n bykos saam met ons braai hierdie heerlike blomkool bonsai boompies gemaak.

  • ½ blomkool, waarvan die takkies almal afgebreek is en nie te groot stukkies nie
  • Maak ‘n beslag van:
  • 1 koppie  koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 eetlepel botter, gesmelt
  • 1 eier
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel witpeper
  • ¾ koppie melk
  • 1 teelepel gerookte paprika

Klits die eier en voeg die melk en botter by.
Voeg al die ander bestanddele by en klits goed sodat dit ‘n nie te loperige deeg vorm.
Plaas die stukkies blomkool in ‘n bak en voeg die deeg oor die blomkool sodat alle stukkies kool bedek is.
Ek het my rooipannetjie opgestart en ‘n klompie olie warmgemaak.
Haal die stukkies kool uit die deeg en plaas in die warm olie soos vir diepbraai.
Braai die stukkies tot mooi goudbruin en plaas op handdoekpapier om te dreineer.
Ons het dit saam met ‘n mayonnaise doopsous ge-eet en jy kry nie lekkerder as dit nie. So maak dus genoeg.

  • Doopsous:
  • ¾ koppie mayonnaise
  • 50 ml melk
  • 2 teelepels suiker
  • ½ teelepel italiaanse kruie
  • 1 teelepel knoffelvlokkies
  • sout
  • swartpeper
  • rissievlokkies na smaak

Meng al die bestanddele saam. Geniet as doopsous saam met die “boompies”.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page