GEVULDE GESTOOMDE ROLLETJIES
- Vulsel:
- 250 g gerookte vark “rushers”
- 200 g sampioene, opgekerf en saam knoffel gebraai
- 3 sprietuie, opgekerf
- 1 eetlepel teriyaki of soya sous
- 2 eetlepel soet rissiesous
- 1 eetlepel Jimmy’s sous
- 1 eetlepel suurlemoen sap, verkieslik vars
- sout en peper, na smaak
Sny die rand af van die “rushers” af en sny die vleis in blokkies. Braai tot gaar en mooi bruin.
Meng al die bestanddele saam en laat goed afkoel. Skep in ‘n sif of vergietes om meeste vloeistof af te laat loop. Gebruik dan as vulsel.
Die 2 bestanddele pizza resep gebruik. (resep onderaan) Deeg goed geknie.
12 ewe groot deeg balle gemaak en 10 minute laat rus. Deeg uitgerol (nie te dun nie) en vulsel ingesit en toe gevou.
Stoom vir 25 – 30 minute.
Ek het my elektriese stoomer gebruik. Water onder in gegooi, buns in gesit (4 op ‘n slag) en gestel vir 30 min.
Hoe om die rolletjies te stoom in ‘n mandjie:
Die stoom mandjie (hetsy bamboes of andersins) moet direk bo-op ‘n kastrol van dieselfde afmeting sit.
Vul die kastrol met kookwater tot ongeveer een derde vol.
Plaas die stoommandjie bo-op die kastrol.
Plaas die bao-bolletjies in die stoommandjie, en laat ‘n bietjie ruimte vir elkeen om te rys tydens die gaarmaak proses.
Sit die deksel bo-op die stoommandjie.
Stoom oor lae-medium hitte vir 10 tot 12 minute.
https://yourrecipeblog.com/recipes/2-bestanddele-pizza-basis/
Resep en foto: Suenell Liebenberg