Your Recipe Blog

2 BESTANDDELE PIZZA BASIS

2 BESTANDDELE PIZZA BASIS

Gisteraand se pizza!!

  • Pizza basis:
  • 2 koppies bruismeel
  • 1 koppie double cream yoghurt
  • 1 knippie sout

Ek het ‘n knippie sout bygesit! Meng alles goed saam. Sal nie weer ander deeg gebruik nie. Was heerlik!!
Sit vulsel van jou keuse op en bak teen 180°C vir ongeveer 20 min. Ek kan ongelukkig nie presies sê hoe lank nie. Het maar die kaas en die kleur van deeg dopgehou.

Ek het ook gesien Matt Preston maak dieselfde deeg op Masterchef Australia, dan rol hy dit dun uit, in die grootte van ‘n klein bordjie en bak dit in ‘n pan met ‘n bietjie olyfolie in. Soos naan broodjies. Dan kan jy ietsie opsit en oprol of vou.

Foto 1: Allison Kemp

Nota:
Elsabie Templeton
Ek maak die deeg aan, rol uit (dis baie sag en klewerig, so gooi maar genoeg meel en rol elke balletjie deeg bietjie rond in meel voordat jy met vingers platdruk of uitrol. Sit op geoliede bakplaat en sit jou bestanddele op en bak alles terselfde tyd op 180°C so 15 -20 minute, afhangend van oond.
Bogenoemde hoeveelheid deeg behoort genoeg te wees vir 2 pizzas.
Wat ‘n baie lekker krakerige onderkant gee, is om gewone mieliemeel of polenta op jou gesmeerde oppervlak te strooi voordat jy die uitgerolde deeg opsit.

Platbrode: Flat bread
Made with Greek double cream yoghurt, served with homemade hummus, fried brinjal and peppery rocket.
Resep vanaf blog (2 bestandeel pizzadeeg met jogurt gemaak) ek het 1 teelepels komynsaad en gedroogde knoffelpoeier bygesit. Deeg geknie in Kenwood vir 5 min en toe balletjies gemaak en dun uitgerol.
Op 180°C vir 15 min toe omgedraai en nog 7 min gebak. So is albei kante mooi goudbruin. Ek het die resep verdubbel.

Foto 2: Elsabie Templeton

Category:

One Review

  1. Marius Crouse
    Het dit vanaand probeer en dit was rerig lekker. Ander pizza deeg wat ons in die verlede gemaak het was altyd “olierig” gewees. Maar hierdie was glad nie so nie. Sal dit weer gebruik.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page