Your Recipe Blog

GEKARAMELISEERDE VYE

GEKARAMELISEERDE VYE

Kyk as ‘n mens baie vye verwerk het en jy kry nog, dan maak mens ‘n ander plan, want mors mag mens nie.

  • 2 eetlepels botter
  • 2 eetlepels heuning
  • vye, soveel soos in die pan kan pas

Was die vye en droog dit af met kombuispapier.
Sny die stingels af en halveer die vye.
Verhit ‘n pan met die botter op die stoof oor medium hitte tot die botter gesmelt is.
Voeg die heuning by die botter en roer kort kort oor medium hitte tot dit gemeng is.
Kook die mengsel stadig vir 5 minute.
Plaas die halwe vye in die pan by die bottermengsel en braai die vye in die sous.
Draai die vye nou en dan, om aan albei kante te braai tot die sous begin verbruin.
Verwyder die pan van die hitte en laat dit afkoel.
Bedien die gekarameliseerde vye saam met roomys. Heerlik verby.

Resep en foto: Madeleine van Zyl

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page