GEEN KNIE BROOD HALVEER
Ons het nou al so baie brood resepte op die groep gehad dat die mense seker al dink dis al wat ons eet. Maar selfs ek wat meer flopse maak as wat nodig is, is opsoek na ‘n brood wat sal werk vir ons. Ons is net 3 in die huis so ek wil nie 2 brode op ‘n slag bak nie. Ek wil ook nie ‘n ronde brood of ‘n ciabatta bak nie, alhoewel hulle baie lekker is. Ek soek ‘n brood wat in ‘n broodpan gebak word, so hierdie keer het ek Petra se geen knie resep gevat en halveer, en mense is ek beindruk. Ek dink dis die brood wat ek vir hierdie tydperk gaan bak. Dit kan toast ook.
- 500 g broodmeel (oorspronklik koekmeel) (3.5 koppies)
- 2 koppies louwarm water
- 1 teelepel sout
- ½ pakkie (5 g) kitsgis
Nota:
Ek het bietjie meer (dink ek) as net die halwe pakke kitsgis gebruik, want ek het met ‘n vorige bak een teelepel uitgeskep.
Plaas al die droë bestanddele in mengbak, meng deur en meng die louwarm water by. Water moet nie te warm wees nie.
Meng alles goed deur. Nie nodig om te knie nie.
Skep in ‘n gespuite pannetjie en laat rys.
Bak in oond teen 180°C vir 1 uur.
Foto: Stien Rust
Oorspronklike (dubbeld) resep: Petra Pretorius
https://yourrecipeblog.com/recipes/petra-se-geen-knie-brood-met-aanpassings/
BRUIN BROOD VARIASIE EN FOTO 2 – Rina Kleinhans
Ek het hierdie resep gebruik, maar ek het ‘n halwe pakkie “bran Muffin mix” gehad wat ek moes gebruik. Ek vervang toe 1 koppie van die koekmeel met 1 koppies bran muffin mix, so sit ek toe 30 ml sonneblomsade en 30 ml pampoenpitte ook by, en daar kry ek toe ‘n heerlik “bruin” broodjie. Sit maar so ekstra bietjie meel by as hy baie slap lyk, ek het so 60 ml ekstra bygesit.
Regtig heerlik ek sal dit beslis weer so bak.
Baie Dankie Stien jou resep is amazing
Ek is mal oor my eie ding te doen. Gaan beslis hierdie Geen knieë broodjie probeer.
Baie dankie, lekker broodjie. Vir ons wat nie meer kan knie nie is dit n wenner.