PETRA SE-GEEN KNIE-BROOD MET AANPASSINGS
Die resep kan met sukses halveer word 🙂
Maklike roerbrood.
Toe verander my hele lewe met die resep!
- 7 koppies meel (Dis presies 1 kg koekmeel)
- 4 koppies water (lou water)
- 2 teelepels sout
- 1 pakkie suurdeeg (10 g)
Meng alles goed deur, gooi in panne, laat rys, bak vir omtrent 1 uur tot gaar by 180°C.
Dis dit, niks knie, af knie nie, net meng goed deur, laat rys en bak.
Resep geplaas deur PETRA PRETORIUS
Foto 1: Elizabeth Haupt
Resep aangepas en 2de foto: Carol Visser
Nota:
Hier is my weergawe van Petra se geen knie brood.
Ek het bruinbrood meel gebruik, en het bygevoeg “handful of pinenuts, walnuts and chopped dates and rosemary” – uit die boeke lekker en maklik.
Wat is die hoeveelheid koekmeel- 1Kg of 7 koppies?
Hi Kotie, 1 kg meel is 7 koppies meel, dit is dieselfde.
Groetnis