FRITTATA
Lekker lui Saterdag frittata gemaak.
Hoeveelhede na gelang van die hoeveelheid porsies wat jy wil maak en die grootte van die pan wat jy gebruik.
- spek, opgesny
- rooi- en groen soetrissie, gekerf
- rooi ui, gekerf
- klein tamatietjies
- gerasperde kaas
- 7 eiers, geklits
- sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 180ºC en gebruik ‘n pan wat kan oond toe gaan.
Braai die spek en rooi- en groen soetrissies saam.
Voeg rooi ui en tamaties by en braai tot alles mooi gaar is.
Voeg die eiers by en meng liggies deur die mengsel.
Sit gerasperse kaas by en meng deur.
Sit pan in die oond vir so 15 – 20 minute.
Sodra dit uit die oond kom, keer die frittata uit die pan onderstebo op ‘n bord.
Bedien dadelik.
Resep en foto: Angela Landsberg












