FLIPPEN LEKKER VLEISPASTEITJIES
Hier het ek vandag weer die pasteie gemaak, ek het die resep gehalveer.
- Deeg:
- 12 koppies koekmeel
- 2 teelepels sout
- 5 teelepels bakpoeier
- 3 eiers
- 2 eetlepels witasyn
- 750 g margarien
Rasper margarien in die meel, sout en bakpoeier in.
Voeg genoeg water by asyn om 350 ml te maak en klits die eiers by. Meng met die meel. Rol die deeg uit, sny in stroke en sit die koue vulsel op die deeg. Rol op en sny in verlange lengte. Pak op voorbereide bakplate.
Bak 25 min by 230°C.
Bak 25 min by 230°C.
Vries rou en bak soos benodig.
Note:
Note:
Ons het destyds nog die ‘panelite’ tafels gehad in die kombuis en die hele tafel vol deeg uitgerol.
Dan het ons stroke deeg in die lengte van die tafel gesny, vulsel ingesit in die hele strook en toegerol.
Dan het ons ‘n mosterdpoeierblikkie gebruik om die lengte af te merk sodat almal ewe lank is.
-
Vulsel:
-
2 kg maalvleis
-
2 kg aartappels
-
2 eetlepels steak en tjops speserye
-
2 teelepels sout
-
½ kg gemengde groente
Kook vleis gaar en droog en voeg gaar groente en aartappels by. Maak goed fyn.
Ons het sommer deur die vleismeule gemaal, of as ek minder maak het ek die voedselverwerker gebruik.
Ons het dan die koekiespuit gebruik om die vleis op die deeg te sit, daarom moes dit redelik fyn wees. As jy ‘n teelepel gaan gebruik kan die vulsel maar growwer wees.
Resep geplaas deur en foto: Amanda Bekker
Category: