Your Recipe Blog

ELSABIE SE SLAPDEGIE VIR PASTEI OF TERT

Cook: 20 - 25 minute

ELSABIE SE SLAPDEGIE VIR PASTEI OF TERT

  • Sif saam:
  • 250 ml koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • Meng:
  • ¼ koppie olie
  • 1 eier
  • melk

Gebuik ‘n 250 ml maatkoppie om die vloeistowwe bymekaar te voeg.
Giet die olie en 1 eier in die koppie en vul die koppie verder met melk tot ‘n vol 250 ml.
Meng die vloeistof by die gesifde meelmengsel en meng tot dit ‘n slapdeeg vorm, maak seker daar is geen klonte (gebruik ‘n eierklitser of draadklitser).
Giet die beslag in ‘n gesmeerde oondbak (inhoud van 2 liter is groot genoeg).
Dit mag min lyk maar dit gaan uitrys.
Skep nou enige gaar koue oorskietvleis (opgesnyde braaivleis of wors, fyn gaar wildsvleis, maalvleis, stowe vleis in stukkies gesny, blikkies vleis of vis (bully beef, kerrievis, tuna), groente (veral gaar gemengde groente is baie lekker en ‘n manier om die kinders te kry om dit te eet) bo-op die deeg en strooi 1 koppie Cheddar kaas oor.
Bak die pastei by 200ºC in ‘n voorverhitte oond vir 20 – 25 min.
In my gasoond bak dit nog ongeveer 5 minute langer.

Variasies:
Heerlik vir kosblikke, ook aangesien dit soos ‘n souttert is.
Ek het al mieliepitte of versuikerde mielies by die deeg ingeroer en dan net gerasperde kaas en gerookte paprika oorgestrooi.
Jy kan self ‘n soet weergawe maak, deur geblikte appelkose bo-op te plaas en dan die perskestroop oorskep wanneer dit uit die oond kom.
Ek het al een met groente, oorskiet braaivleis en wors gemaak en kaas en paprika oorgestrooi. Hierdie resep net dubbel aangemaak en in my oond se pan gebak.
Ek hou ook daarvan om versuikerde mielies of mieliepitte by die deeg te voeg.
Tradisioneel het my Mamma boeliebief bo-op geskep wat met ‘n blikkie tamatie- en uiesmoor opgekook was tot die vloeistof alles weggekook is. So het die resep die naam “Bully Beef Bake” gekry in ons familie en is so in ‘n resepteboek in Zimbabwe vasgevang onder my naam.

Resep en foto: Elsabie Templeton

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page