ELSABE SE FLATERVRYE BLAARDEEG
- 500 g botter/margarien
- 500 g koekmeel (3.5 koppies)
- 1. 5 teelepel kremetart
- 250 ml yswater
- 1 eiergeel
- knypie of 2 sout
Rasper ¾ van die yskoue botter/margarien.
Sif alle droë bestanddele saam.
Klits water en eiergeel goed saam.
Sny botter/margarine in meelmengsel in met ‘n mes.
Voeg vloeistof stadig by terwyl jy meng.
Plaas die deeg in die yskas vir ongeveer ‘n uur.
Rol deeg op ‘n koue oppervlak verkieslik uit, en SMEER res van die botter bo-oor.
Vou deeg op in 4 voue.
Rol weer goed uit, vou op in 3 voue en laat weer in yskas rus vir 1 uur.
Rol uit en gebruik soos nodig.
Die deeg bewaar goed in die vrieskas, laat in die yskas voor gebruik.
Resep: Elsabe Jordaan
Foto: Rina Kleinhans – Op die foto is die blaardeeg as volg gebruik:
Kyk hierdie oulik manier hoe om hoenderpastei (of enige pastei) te bedien. Hulle het twee vierkante blaardeeg gebak, plaas dan die een vierkant onder, skep die hoender- en sampioenvulsel op, sny die ander vierkant in twee driehoeke, plaas die een driehoek op die vulsel, skep weer bietjie vulsel op en sit die laaste driehoek heel bo… dit is heerlik en lyk sommer pragtig en mens se blaardeeg hoef nie weer opgewarm te word wat hom dan pap maak nie