EIER BROOD OMELET
Hoeveelhede is per persoon m.a.w per omelet.
- 3 eiers
- 50 ml melk
- 2 snye brood
- 1 of 2 snye ham
- gerasperde Cheddar kaas
- sout en swart peper
Verhit groot pan wat 2 snye brood langs mekaar kan pas, smeer die pan met pansmeer of spuit die pan met nie kleefwerende middel. Moenie die pan te warm maak nie.
Klits eiers, melk en sout en peper saam.
Giet die eiermengsel in die pan en werk nou vinnig.
Plaas die 2 snye brood in die rou eier en draai die brood om dat altwee kante vol eier is.
Laat dit bak tot eier heeltemal gestol het, pasop vir aanbrand, moenie plaat te hoog draai nie.
Met 2 eierspane aan die brood se kant, tel die hele omelet op en draai die omelet om, dat die eier nou bo is.
Met die brood onder in die pan, pak ham en kaas op 1 een sny brood , flip die ander sny brood oor die vulsel dat hy toevou en lyk soos ‘n omelet.
Braai brood albei kante to bruin sodat die kaas lekker kan smelt.
My man het dit baie geniet.
Resep en foto: Meisie van der Colff