Your Recipe Blog

CHINESE KLUITJIES MET CHINESE KOOL- EN VARKVULSEL

| Servings: 25 kluitjies

CHINESE KLUITJIES MET CHINESE KOOL- EN VARKVULSEL

  • Kluitjies:
  • 2 koppies koekmeel
  • sout
  • ± 1 koppie lou water
  • 2 eetlepels olie
  • Vulsel:
  • 400 g vark maalvleis
  • 1 ½ koppie Chinese kool, baie fyn gesny
  • sout en pepper
  • 80 ml sojasous
  • 1 teelepel fyn knoffel- en gemmermengsel
  • Doopsous:
  • 150 ml sojasous
  • 1 eetlepel asyn
  • 1 teelepel knoffel
  • 2 eetlepels sesame saad
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 eetlepel Tabasco sous of meer (hang af hoe sterk jy verkies)
  • 1 eetlepel olyfolie

Meng die bestanddele vir die kluitjies saam tot ‘n sagte deeg en plaas eenkant om te rus vir ‘n half uur.

Maak die vulsel:
Braai die vulsel se bestanddele in ‘n pan met bietjie olie tot gaar.

Vorm kluitjies:
Rol die deeg dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Druk sirkels uit met ‘n ronde vorm, vir my vat dit te lank, ek sny sommer vierkante uit met ‘n mes.
Skep bietjie vulsel in die middel van elke sirkel of vierkant, bring die punte na mekaar en druk vas.
Pak die kluitjies in die warm olie en braai tot dit ‘n kors onder vorm.
Giet ‘n bietjie water in pan, plaas die deksel op en stoom vir ± 5 minute tot die kluitjies gaar is.
Gebruik min water, jy kan eerder byvoeg, maar kan nie uithaal nie. Hitte ook nie te hoog nie.

Doopsous:
Meng die bestanddele vir die doopsous en bedien dit saam met die kluitjies.

Nota:
Ongelukkig is die nie genoeg vir my jong manne nie, so vir bykos het ek eiernoodels gemaak met gebraaide soetrissies (alle kleure), uie en van die Chinese kool se middelse gedeelte, dit is waar die meeste geur is. Bietjie sojasous met peper en min sout bygevoeg, die sojasous se sout mag dalk genoeg wees, proe eers voor jy sout byvoeg.

Resep en foto: Elizabeth Haupt

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page