Your Recipe Blog

BORSSTUK IN PRUIMEDANTESOUS

BORSSTUK IN PRUIMEDANTESOUS

  • Vleis:
  • 2-3 kg heel beesborstuk
  • 1 groot ui
  • 2 heel geelwortels, geskil
  • 3 knoffelhuisies
  • 3 lourierblare
  • 8 swartpeperkorrels
  • 20 ml sout
  • 1 groot tamatie in kwarte gesny
  • 1 liter vleisaftreksel
  • Pruimedantesous:
  • 1 bees vleisaftrekselblokkie
  • 200 ml tamatiepuree
  • 500 g pruimedante
  • 5 ml sout
  • 60 ml suurlemoensap
  • 125 ml gouestroop of heuning
  • 1 liter van die vleisaftrekselsous waarin die borstuk geprut het

Plaas die eerste groep bestanddele in prutpot met borstuk bo-op die tamaties, wortels en uie.
Lae hitte vir 9 ure.
Die vleis kan ook oornag by 100 ºC in oondbak in n’ oond gebak word.
Sny vleis in dun skywe en pak in oondpan.
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Kook al die sousbestanddele 10 min lank saam en giet oor die vleis.
Bak ongeveer 20 – 25 min saam tot deurwarm. As die sous te dun is, kan dit met bietjie mielieblom verdik word.
Sit voor met rys, groente en groenslaai.

Resep getoets en foto: Christina En LP Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page