Your Recipe Blog

BORSSTUK IN PRUIMEDANTESOUS

BORSSTUK IN PRUIMEDANTESOUS

Resep getoets en foto: Christina En LP Louw

  • Vleis:
  • 2 – 3 kg heel beesborstuk
  • 1 groot ui
  • 2 heel geelwortels, geskil
  • 3 knoffelhuisies
  • 3 lourierblare
  • 8 swartpeperkorrels
  • 20 ml sout
  • 1 groot tamatie, in kwarte gesny
  • 1 liter vleisaftreksel
  • Pruimedantesous:
  • 1 beesvleis aftrekselblokkie
  • 200 ml tamatiepuree
  • 500 g pruimedante
  • 5 ml sout
  • 60 ml suurlemoensap
  • 125 ml gouestroop of heuning
  • 1 liter van die vleisaftrekselsous waarin die borstuk geprut het
  • Plaas die eerste groep bestanddele in prutpot met borstuk bo-op die tamaties, wortels en uie.
  • Lae hitte vir 9 ure.
  • Die vleis kan ook oornag by 100 ºC in oondbak in ‘n oond gebak word.
  • Sny vleis in dun skywe en pak in oondpan.
  • Voorverhit die oond tot 180 ºC.
  • Kook al die sousbestanddele 10 min lank saam en giet oor die vleis.
  • Bak ongeveer 20 – 25 min saam tot deurwarm. As die sous te dun is, kan dit met bietjie mielieblom verdik word.

Sit voor met rys, groente en groenslaai.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page