Your Recipe Blog

BEESVLEIS SOSATIES

BEESVLEIS SOSATIES

Ek het die naweek ‘n resep probeer om beessosaties te maak.
Het ontbeende Bees Shank, stukkies Rump Steak en Bees Brisket vet gebruik, alles in blokkies gesny. Dit was eintlik te veel sous vir die vleis. Ek het 1,5 kg vleis en 500 g Brisket vet gebruik
Die resep wat ek gebruik het en bietjie aangepas het.

  • ongeveer 2 – 2.5 kg beesvleis blokkies
  • 300 ml bruin asyn
  • 300 ml koue water
  • 300 ml kook olie
  • ½ koppie suiker
  • ½ koppie perskeblatjang
  • 3 teelepels sout (Dalk te min sout maar mens kan nog sout na smaak oorgooi wanneer jy gaar maak)
  • 8 uie, gesny
  • 5 eetlepels kerriepoeier
  • naeltjies en pekelspeserye (Ek het ‘n pakkie pekel speserye gekoop, 20 g wat naeltjies in gehad het, gebruik)
  • 10 g borrie
  • 10 lourierblare
  • groen peppers

Braai uie tot glaserig nie sag nie. Meng dan al die nat bestanddele by die uie terwyl jy hitte behou in die pot.
Voeg nou al die droë speserye by die nat bestanddele. Laat alles goed kook vir so 15 minute.
Plaas die gesnyde vleis in ‘n bak en bedek met sosatiesous terwyl die sous warm is.
Laat afkoel en plaas dan in yskas vir 3 dae. (Ek kon nie wag en het vanaand net 2 sosaties gemaak om te proe.)
Ryg die sosaties in die stokkies, ek het  vleis, ‘n stukkie ui, ‘n stukkie brisket vet en dan ‘n stukkie groen pepper op stokkie gesteek en so aan gegaan tot die stokkie mooi vol was.
Bak in oond tot gaar of op die kole.

Nota:
Ek het nog nooit sulke sagte vleis op ‘n sosatie geproe nie.

Resep en fotos: Koos van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page