BANOFFEE TERT ALA MICHAEL
- 1 pakkie gemmer beskuitjies
- 80 ml gesmelte botter
- 1 blikkie karamelkondensmelk
- 3 eetlepels Sherry
- 3 piesangs, in skyfies gesny
- 250 ml ” dessert cream” (blikkie of boksie)
- karamel springmielies
- gold dust, opsioneel
Maak die gemmer beskuitjies fyn en meng met ‘n bietjie gesmelte botter.
Skep dit in ‘n voorbereide glasbak en druk effe plat met ‘n lepel.
Neem die karamelkondensmelk, klits goed tot glad, voeg die Sherry daarby en klits tot romerig.
Skep bo-op die gemmerkrummels en maak gelyk.
Neem die piesangskyfies en pak bo-op die karamel.
Klop die “dessert cream” styf en skep bo-op die piesangskyfies.
Plaas in koelkas vir 30+ minute of langer.
Ek het afgerond met gold dust en karamel springmielies net voor opdiening.
Terwyl jy wag skakel my om te kom toets…. 🙂
Resep en foto: Michael Coetzee












