Your Recipe Blog

ANSIE SE TUISGEMAAKTE DEEG VIR PASTEITJIES

ANSIE SE TUISGEMAAKTE DEEG VIR PASTEITJIES

  • Meng die volgende saam:
  • 4 koppies koekmeel
  • 5 ml kremetart
  • 5 ml sout
  • Rasper die volgende in die meel in:
  • 500 g volroom margarien
  • Voeg daarby:
  • 250 ml yskoue sodawater
  • 10 ml suurlemoensap

Meng tot net goed gemeng.
Rol uit op meelbestrooide oppervlak
Vou die deeg op en rol weer uit.
Vou weer op en laat rus in yskas vir ‘n uur. Rol dan weer uit en vou weer op.
Laat oornag in die yskas staan en gebruik vanaf die volgende dag vir pasteie, worsrolle, ens.
Bak by 180 ºC tot mooi bruin ongeveer 20 – 30 minute.

Resep en foto: Ansie Vermeulen Steyn

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5