Your Recipe Blog

ANET SE ANDERSE KLEURE SLAAI

ANET SE ANDERSE KLEURE SLAAI

Wil julle nou van my ” ietsie anders” resep vertel, die kleure het my aandag getrek en ek was opsoek na ‘n “ander” slaai by ‘n braai en toe sien ek die kleure as ‘n nagereg.
Die oorspronklike resep is vir nagereg maar ek besluit toe om die kleure te maak in ‘n slaai vorm. Nou nie traditioneel slaai kleure nie, maar tog mooi.

  • Oranje lagie:
  • 2 wortels, gerasper
  • ¾ koppie room
  • 1 pakkie lemoen jellie, aangemaak met ¾ koppie warm water, afgekoel

Voeg die room by die wortels, voeg die afgekoelde jellie by die roommengsel en meng deur. Giet die mengsel in ‘n ring pan en laat stol.

  • Geel lagie:
  • 2 blikkies fyn pynappel, gedreineer
  • Meng ¾ koppie room
  • 2 desert lepels suiker
  • 1 pakkie granadilla jellie aangemaak met ¾ koppie warm water, afgekoel

Meng die room, pynappel en suiker. Voeg die afgekoelde jellie by en meng. Indien die geel bietjie bleek is kan so 2 druppeltjies geel voedselkleursel by geroer word. Giet die mengsel oor die gestolde wortels en laat eenkant om te stol.

  • Groen lagie:
  • 2 groterige murgpampoentjies, gerasper en die water uitgedruk
  • ¾ koppie room
  • sout en peper na smaak
  • 1 pakkie lemmetjie jellie, aangemaak met ¾ koppie warm water, afgekoel.

Meng die room, murgpampoentjies en sout en peper na smaak. Voeg die afgekoelde jellie by en meng deur. Indien die kleur nie groen genoeg is nie, kan 2 druppeltjies groen voedselkleursel bygeroer word. Giet die mengsel op die gestolde pynappellaag en laat eenkant om te stol.
Maak die slaai so dag of 2 voor die tyd dat al die geure kan “trou”.

Nota:
Ek het die slaai al net so in lagies in die slaaibak ook gemaak. Hier by ons is dit verskriklik warm op hierdie stadium, ons bly in die trope en alles smelt geweldig vinnig, so as julle bang is dit word pap, hou dit in slaaibak, anders keer die slaai uit in een van die borde wat ys onderin kan hou, dat die slaai kan koud bly. Probeer en laat weet wat julle dink.

Resep en foto: Anet van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page