ALLERLEKKERSTE SJOKOLADEKOEK
- Stroop:
- 250 ml suiker
- 250 ml water
- 250 ml koekmeel
- 30 ml bakpoeier (dit klink baie maar die hoeveelheid is reg)
- knippie sout
- 200 g margarien
- 125 ml suiker
- 200 g donker sjokolade
- 5 eiers
- 30 ml brandewyn
- Versiersel:
- 200 – 300 g heelneut sjokolade
- 30 ml melk
Voorverhit die oond tot 180°C. Bespuit ‘n tuitpan, 24cm deersnee, goed met kleefwerende spuitgoed.
Smelt die botter, suiker en donker sjokolade saam. Skep uit in ‘n mengbak en laat effens afkoel.
Verhit in ‘n ander kastrol die suiker en water saam tot kookpunt, en roer totdat suiker opgelos is.
Haal van die plaat af en laat stroop heeltemal koud word. Sit eenkant tot benodig.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers een vir een by die sjokolademengsel.
Voeg die brandewyn by en klits goed. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en klits goed. (DIE DEEG IS SLAP)
Giet die deeg in ‘n voorbereide pan en bak 45 min lank of tot gaar en toetspen skoon uitkom.
Haal uit oond en giet dadelik die koue stroop stadig oor die warm koek. Laat die koek in die pan afkoel.
Wanneer die koek afgekoel het, keer uit op ‘n bord.
Smelt die heelneut sjokolade en melk saam oor lae hitte. Giet gesmelte sjokolade stadig oor koek laat dit stadig afloop.
Resep geplaas deur en foto: Amanda Austen