Your Recipe Blog

ONGELOOFLIKE BLOUBESSIETERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 - 50 minute

ONGELOOFLIKE BLOUBESSIETERT

Ek het die bekende appeltert se deeg gebruik en hierdie ongelooflike lekker tert gemaak, elke keer wanneer my man dit eet, sê hy , “dis ‘n wenner, onverbeterlik”… probeer hom gerus en kom vertel.

  • Deeg:
  • 45 ml botter, gesmelt
  • 250 ml stooisuiker
  • 2 ekstra groot eiers
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 2½ ml sout
  • 60 ml melk
  • 1½ koppie gevriesde bloubessies, ontvries (of mix berries)
  • 6 teelepels bloubessiekonfyt
  • Stroop:
  • 180 ml suiker
  • 250 ml room
  • 5 ml vanilla geursel

Voorverhit die oond tot 180ºC. Spuit ‘n 20 cm losboompan, en sit ‘n laag bakpapier in om seker te maak die pan sluit dig sodat jou deeg nie uitloop nie.
Meng die botter en strooisuiker goed. Voeg die eiers by en meng baie goed. Ek meng die hele tert met die hand.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou in die beslag in alternatiewelik met die melk. Meng net tot alles bymekaar kom.
Skep die beslag in die voorbereide pan en maak gelyk. Pak die ontvriesde bessies eweredig in die deeg. Neem die konfyt en skep dit hier en daar tussen die bessies, maar druk dit in die deeg in.
Bak vir 40 – 50 min of tot die toetspen skoon uitkom.
Al die bessies sal afsak en onder in die pan gaan lê, dit is reg so, want jy gaan die tert omkeer.

Terwyl die tert bak, meng die stroop bestanddele en laat staan tot net voor jy die tert uit die oond haal. Kook die stroop vir 5 min in die mikrogolf. Steek gaatjies in die tert met ‘n tandestokkie wanneer dit uit die oond kom en giet die warm stroop oor die tert. Help veral teen die kante met ‘n messie dat die stroop mooi eweredig intrek.
Laat heeltemal afkoel. Maak die klamp los en maak seker die tert sit nerens vas aan die pan nie. Haal die buite ring af, en keer die tert uit op ‘n mooi opdien bord. Verwyder die bakpapier en plaatjie.
Bedien met styf geklitste room en bietjie bloubessiestroop indien verkies.

Nota:
Hierdie tert is baie klam en kan maklik ook as nagereg bedien word.

Resep en foto’s: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page