Your Recipe Blog

SOUTTERT MET SPEK EN WORSIES

Recipe by
Cook: 30 minutes

SOUTTERT MET SPEK EN WORSIES

  • 1 groot uit, geskil en opgekap
  • 300 g spek, opgekap
  • 4 viennas of frankfurters/russians, opgesny
  • 300 g gerasperde kaas
  • 10 ml knoffelvlokkies
  • 10 ml droë pietersielie
  • 4 eiers
  • 125 ml melk
  • 5 ml bakpoeier
  • sout en peper na smaak

Bespuit middelmatige oondbak met kossproei.
Stel die oond op 180 °C.
Braai die uie in klein bietjie olyfolie tot glasig.
Voeg dan die spek by en braai tot gaar.
Voeg die viennas/frankfurters/russians by en braai deur.
Skep in die voorbereide oondbak.
Strooi die knoffelvlokkies bo oor die uiemengsel.
Strooi dan die gerasperde kaas b0-oor.
Klits die eiers, melk, bakpoeier, pietersielie, sout en peper saam.
Giet eweredig bo-oor die kaas.
Bak vir 30 minute tot gestol.
Geniet saam met ‘n slaai.

Resep en foto: Amanda Austen

2 Reviews

  1. Susan Coetzee

    hi ek wonder nou net kry die tert nie Meel ook by nie… Baie dankie Susan

    Star
    • Hi Susan, nou kan jy maar die resep 5 sterre gee 🙂 nee daar kom geen meel in die resep nie.
      Geniet hom.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page