SKUD EN SKOMMEL PIZZA DEEG
Resep en foto: Chantelle Roets
Het pizza gemaak met skud en skommel deeg. Genoeg deeg vir 2 panne.
- 3 koppies bruismeel
- 1 teelepel sout
- 200 ml kookwater
- 200 ml sonneblom olie
- Voeg alles in ‘n tupper bak met ‘n deksel wat stewig toemaak en skud net goed tot dit ‘n deeg vorm.
- Druk die deeg in die panne vas as basis vir jou pizza.
- Nota:
- As dit lyk of die deeg papperig is, moenie stress nie, druk net in die gespuite panne vas.
- Sit tamatie en uie sous of mayonaise op en enige vulsel.
- Meng Mozarella en Chedder kaas vir bo-op die vulsel.
- Bak 30 min 180ºC.
Category:












