GIDEON SE MAKLIKE PEPPERMINT CRISP YSKASTERT
Vroulief het vir ons die heerlike peppermint crisp yskastert gemaak en is tog te lekker.
Dit het nie daai erg oorsoet smaak nie maar is tog soet en heerlik ook.
Is ook baie maklik om te maak.
- 1 pakkie suurlemoenjellie
- 1 380 g Ideal melk, verkoel
- 1 blikkie karamel
- 2 pakkies Tennisbeskuitjies
- 3 x 100 g Peppermint Crisp sjokolades
Los die jellie op in net een koppie kookwater en laat afkoel tot kamertemperatuur.
Klits die Ideal melk tot dik en skuimerig.
Klits die karamel tot pap en sonder klonte.
Meng die jellie en ideal melk en roer die karamel by.
Pak in ‘n glasbak ‘n laag beskuitjies en giet omtrent een derde van die jellie mengsel oor en rasper een van die peppermint crisp sjokoldes oor.
Herhaal die proses nog twee maal.
Laat staan in die yskas vir 3 ure of oornag.
Resep en foto: Gideon Louw