YORKSHIRE POEDING
- 4 eiers
- 150 g koekmeel
- ¾ koppie melk
- ½ teelepel sout
- 25 ml water
Maak ‘n gladde beslag met al die bestanddele.
Laat staan vir ten minste 30 minute voor gebruik, of tot 3 dae in die yskas in ‘n lugdigte houer.
Voorverhit oond tot 230°C.
Verdeel ½ koppie vet of olie eweredig tussen die 12 holtes van ‘n muffin pan.
Plaas die pan in die oond, op die middelste rak en verhit die vet vir 10 minute.
Haal nou die muffin pan uit en giet die beslag in die holtes. Vul tot half, of driekwart vol op die meeste.
Plaas dit dadelik terug in die oond (maak seker geen oond waaier is aan nie) en bak totdat dit hoog opgerys het, diep bruin verkleur is en hol klink wanneer daarop geklop word, ongeveer 20 minute. Yorkshire puddings moet bros wees.
Bedien dadelik.
Nota:
Dit kan ook gevries word. Laat heeltemal afkoel, plaas in ‘n geskikte houer of sakkie en vries. Verhit in ‘n warm oond tot deurwarm net voor bediening.
Gewoonlik word dit gemaak met die vet wat oorbly nadat vleis in die oond gerooster was. Dit word bedien met vleissous (gravy).
Resep en foto : Amanda Cook