Your Recipe Blog

YAYLA CORBASI (TURKSE HOOGLANDE SOP)

YAYLA CORBASI (TURKSE HOOGLANDE SOP)

  • 500 ml volroom jogurt
  • 2 eiergele, hou die eierwit eenkant
  • ½ koppie koekmeel
  • 30 ml gedroogde mentblare
  • 1 groot sny botter (sowat 30 ml)
  • Vir bygereg:
  • 1 blikkie kekerertjies, dreineer en vries
  • maalvleis (ek het 2 patties gebruik)
  • sampioene, fyngekap
  • seldery, fyngekap
  • groen soetrissie, fyngekap

Neem die gevriesde kekerertjies en rol sowat 10 per persoon toe met ‘n lagie maalvleis (Slaan die maalvleis met jou palm plat en rol daarin toe). Plaas terug in vrieskas.
Braai die seldery, sampioene en groen soetrissie saam in botter en olie en sit eenkant.
Meng die jogurt, koekmeel en 2 eiergele, sout en peper na smaak.
Draai ‘n plaat op hoog, gooi ‘n halfkoppie koue water in ‘n pot en skink die jogurt mengsel by terwyl jy dit klits.
Moenie kook nie; bring net tot stoompunt en hou so. Verdik met meel soos verkies; ek hou van ‘n dunner sop.
Kook ‘n halfkoppie water in ‘n kastrol. Doop die amper-gevriesde frikkadelletjies in die eierwit en posjeer in kastrol vir so 5 tot 10 minute (skat met oog).
Skep die frikkadelletjies uit met ‘n gaatjieslepel; plaas in sopborde.
Laastens: Smelt ‘n dik sny, sowat 30 ml, se botter in ‘n kastrolletjie. Wanneer dit borrel, gooi jy die mentblare by en roer dit deur die botter terwyl dit op medium hitte braai.
As die sterk mentreuk begin deurtrek, verwyder en voeg by jogurt. Klits goed in.
Bedien die sop in groot diepborde met die maalvleisballetjies en die seldery/soetrissie/sampioen mengsel, asook ‘n paar vars mentblare.
Geniet!

Resep en fotos: Frederik Rudolph van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page