Your Recipe Blog

WORTELMELKTERTKOEK

| Servings: 1 medium koek

WORTELMELKTERTKOEK

Meeste van julle het al die malvapoedingmelktert kombinasie gesien of selfs geproe. Persoonlik vir my, bots die 2 smake van die malvapoeding en die melktert, so toe probeer ek hierdie kombinasie vir die worteluitdaging, dit is heerlik.

Ek het die Amerikaanse wortelkoek resep (halveer) op die blog gebak in ‘n ringvormpan en die resep aangepas deur 1 teelepel van elk gemengde speserye en gerasperde lemoenskil by te voeg.
Laat die koek afkoel na gebak en plaas in ‘n lugdigte houer tot die melktertvulsel gereed is om bo-op te plaas.

Resep bron:
https://yourrecipeblog.com/recipes/american-carrot-cake/

Ek het hierdie melktert resep (halveer) op die blog aangemaak volgens die aanwysing, ek het heel kaneelstokkies by die melk gevoeg vir ekstra geur en het die Maizina vermeerder om ‘n lekker dik melktertvulsel te vorm. Giet die melktertvulsel met die stokkies in ‘n bak, bedek die vulsel met kleefwerende plastiek of ‘n deksel, sodat dit nie ‘n velletjie vorm nie. Laat die vulsel afkoel en plaas in die yskas, totdat dit heeltemal koud en gestol is. Kan oornag in yskas plaas.

Resep bron:
https://yourrecipeblog.com/recipes/lekker-melktert/

Ek het die wortelkonserf resep (halveer) gemaak wat op ons blog is en dit saam met die melktertbolaag gebruik vir die uitdaging. Sien metode.

Resep bron:
https://yourrecipeblog.com/recipes/wortelkonserf/

Verwyder die kannelstokkies uit die melktertvulsel en klits die koue melktertvulsel tot glad, voeg soveel van die wortelkonserf, na smaak, by die vulsel en roer tot gemeng, proe deurentyd totdag dit volgens jou smaak is. Skep die vulsel in ‘n spuitsak met ‘n voorpunt van eie keuse en spuit die melktertvulsel op die wortelkoek as versiersing.
Sprinkel fyn kaneel bo-oor en skep klein bietjie wortelkonserf (opsioneel) oral oor die melktertvulsel soos verkies.

Nota:
Ek het die wortelkonserf by die resep gebruik om aan die worteluitdaging deel te neem, maar dit is opsioneel en die stap kan uitgelos word indien verkies.

Resep en foto: Marlene Potgieter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5